Wat beten dit om Waarlik Christen te wees
Vir my, as leeraar en volgeling van Jesus Christus, is dit skokwekkend om te sien hoe ons “Christenskap” vertolk. Die woord “CHRISTEN” word vertrap, misbruik en verdraai, om die waarheid te sê. Christenskap volgens die ‘33/’53 vertaling, wat die akuraatste vertaling is, neergelê wanneer hulle verwys na Christenskap? Ongelukkig aanvaar ek nie die ‘83 weergawe en latere vertalings nie, want hulle het Christus uit die Bybel geskryf en daar is vele skrifte uitgelaat. Ek kan vir julle die skrifte gee as bewys van my stelling. Voorbeelde van ons Verbonds God (JHWH – HERE) in die ‘53 vertaling in Ex 20:2-7 is vervang met Here (Meester) en die woord “neerbuig” is vervang met “vereer”. Daar is verder groot verskille. Gaan lees “Bewaar my Woord” deur J.C. Erasmus. Die Woord sê duidelik in DEUT. 4:2 EN OPENB. 22:18-19: JY KAN NIKS BYVOEG OF WEGLAAT NIE, “dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hiedie boek geskrywe is”. Ek wil graag breedvoerig verduidelik met die volgende uiteensetting van die Woord van God in die ‘53 Vertaling, ten opsigte van “Christenskap.” Met skrifverwysings. Ek vertrou dat julle insig en gesonde oorleg aan die dag kan lê en dit ten harte sal kan opneem. Die woord "Christen" kom oorspronklik van die Griekse woord Χριστιανός (Christianos), wat beteken "volgeling van Christus." Dit is 'n samestelling van "Christos" (Gesalfde, oftewel Christus) en die Latynse agtervoegsel "-ianus", wat verwys na iemand wat aan of by iemand behoort. Waar kom die woord "Christen" vandaan in die Bybel? In die ‘53 vertaling verskyn die woord "Christen" drie keer: 1. Die eerste keer in Handelinge 11:26 – "En toe hy hom gekry het, bring hy hom na Antiogië. En hulle het 'n hele jaar lank saam met die gemeente vergader en ‘n groot menigte geleer. En in Antiogië is die dissipels die eerste keer Christene genoem." Hier sien ons dat die woord "Christen" oorspronklik in Antiogië gebruik is van Jode en ongelowiges, vir die Dissipels wat Jesus Christus gevolg het. Dit was moontlik eers 'n bynaam wat later aanvaar is. 2. Handelinge 26:28 – "En Agrippa sê vir Paulus: Jy beweeg my byna om ‘n Christen te word!" Koning Agrippa erken dat Paulus hom oortuig om in Christus te glo. 3. 1 Petrus 4:16 – "Maar as iemand ly as ‘n Christen, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig." Petrus bemoedig gelowiges om nie skaam te wees as hulle vervolg word as Christene nie, maar eerder om God te eer. WAT IS DIE KRITERIA VAN 'N CHRISTEN? Volgens die Bybel en die vroeë kerk is 'n Christen iemand wat: 1. God se liefde dat Hy, Sy eniggeebore seun Jesus Christus gegee het. (Johannes 3:16, Romeine 10:9) ons redding tot die ewige lewe. 2. Bekeer is van sonde en 'n nuwe lewe in Christus leef. Bekeer – doop en die gawe van die Heilige Gees ontvang. (Handelinge 2:38, 2 Korintiërs 5:17). 3. Navolger van Jesus se leringe is en volgens sy wil leef. (Matthéüs 16:24, Johannes 8:31). Homself verloën – as julle in My Woord bly, is julle ware dissipels. 4. Die Heilige Gees ontvang het en deur Hom gelei word. (Romeine 8:9, Efesiërs 1:13-14). As jy nie die Heilige Gees het nie, behoort jy nie aan Hom nie. – verseël is met die Heilige Gees. 5. Liefde vir God en vir jou naaste. (Matthéüs 22:37-39, 1 Johannes 4:7-8). Die eerste en tweede gebod – hy wat nie lief het nie, het God nie geken nie. 6. Deel van die liggaam van Christus is – die kerk, saam aanbid en dien. (Hebreërs 10:25, 1 Korintiërs 12:27). Moet nie die onderlinge byeenkoms versuim nie, - julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik. Kortliks, 'n Christen is nie net iemand wat sê hy glo in Jesus nie, maar iemand wie se lewe dit weerspieël, deur gehoorsaamheid aan God, en liefde vir ander. Iemand wat ‘n dissipel van Christus is.. KOM ONS KYK ‘N BIETJIE VERDER NA ‘N WARE CHRISTEN. 1. Geloof in Jesus Christus as die Seun van God. Johannes 3:16 – "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." 2. Ware bekering en ‘n nuwe lewe in Christus. Handelinge 2:38 – "Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang." Johannes 3:3 en 5 – "En Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie." 3. Gehoorsaamheid aan Jesus se leringe. Johannes 8:31 – "En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in My woord bly, is julle waarlik my dissipels." 4. Lewe in liefde – ‘n kenmerk van ‘n ware Christen. Johannes 13:35 – "Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het." 5. Die Heilige Gees moet in hom woon. Romeine 8:9 – "julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, die behoort nie aan Hom nie." 6. Vrug van die Gees moet sigbaar wees. Galasiërs 5:22-23 – "Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie." As jy nie Christus in jou het nie kan jy dan nie die vrug van die Gees uitleef nie. 7. Volharding in geloof tot die einde. Matthéüs 24:13 – "Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word." WEDERGEBOORTE – ‘N NUWE SKEPPING IN CHRISTUS Johannes 3:3 en 5 – "En Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie." Onthou, met wedergeboorte ontvang jy die Heilige Gees. Dan het jy Christus in jou. Tweedens is dit die enigste weg na die ewige lewe. Goeie gelowige mense gaan nie hemel toe nie, net wedergebore kinders van God, is Sy erfgename. DIE DOOP – IDENTIFIKASIE MET CHRISTUS Handelinge 2:38 – "Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang." Die doop simboliseer ‘n verbintenis met Christus. Die onderdompeling is simboliek dat jy saam met Christus sterf en saam met Christus opstaan as ‘n nuwe mens. DIE DOOP IN DIE HEILIGE GEES – KRAG VIR DIENSWERK Handelinge 1:8 – "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea an Samaria en tot aan die uiterste van die aarde." Die Heilige Gees gee bonatuurlike krag vir dienswerk. Volgens 1 Kor. 12:3-11. [3] Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus 'n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees. [4] Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; [5] en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; [6] en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. [7] Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. [8] Want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; [9] aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; [10] aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg van tale. [11] Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. DOEN JESUS SE WERKE – MATTHÉÜS 10 & 28: Matthéüs 10:7-8 – "Gaan en verkondig... Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit..." Matthéüs 28:19-20 – “[19] Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. [20] En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” Hoe kan jy jou aan jou roeping voldoen en vir siekes bid, hulle doop, dooies opwek en duiwels uit dryf as jy nie Christus in jou het nie? Dit is net IN die Naam van JESUS.

Comments are closed!