Oor Charisma

As wedergebore kinders van GOD is ons geroep om die Vrug van die Heilige Gees te dra tot eer van Die Vader as ware ambasadeurs van Jesus Christus.

Die prys aan die kruis
Vra vir gebed

Meer oor Charisma Bediening - Orania

Begin gemeente
Ons begin dae
Dis waar Charisma begin het.. Dis waar Charisma begin het. Waar kom die Bediening se naam vandaan? Ek en Bernha besluit toe op die naam “Charisma Bediedig”. Dit beteken ‘n welgevalle persoonlike uitstraling en eienskappe van Jesus Christus. Die outoriteit wat aan Christus toegeskryf word. Gebou op die skrif Johannes 4:24 – en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. En Johannes 14:6 – Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. En Eff. 2:19-20 – gebou op die fundament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is.
Charisma gemeente
Ons Gemeente
'n Groep kinders van God wat Sy liefde leef
Christian group are praying to god with the bible and sharing the gospel. Concept of faith for god.
Bedieninge
Bybelstudie; Selgroep; Manne Bediening
Lei mense om as Kinders van God, in 'n Intieme verhouding met Hom te leef;
Om as gemeente met oorgawe te leef in 'n gebroke wêreld, as draers van die Vrug van die Heilige Gees;
Dien en bedien mekaar met die Gawes van die Heilige Gees;
Gehoorsaam aan Jesus se opdrag om Disipels te maak, hulle te laat doop in Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees en hulle te leer wat Jesus in die Bybel leer.
Charisma Bediening-Orania streef daarna om 'n dinamiese, Heilige Gees vervulde gemeente te wees, waar mense gelei word om in 'n groeiende verhouding met God en mense te leef en waar almal welkom is om in die Jesus Familie, waar ons vir mekaar omgee en dien in liefde, welkom en geliefd te voel.
Deur waardig die roeping van God as Ambasadeurs van Jesus te leef in ons gemeenskap en draers te wees van die Vrug van die Heilige Gees en te dien met die Gawes van die Heilige Gees, maak ons 'n verskil en help mense om in ontmoeting met God te kom en in 'n groeiende intieme, Heilige Gees vervulde, verhouding met Hom te leef, Gedoop in die sterwe van Jesus en saam met Hom opgewek in die ewige lewe.